Stellenbossiana - Newsletter

Explore South Africa
Home | SA Hotels | SA History | Weather | Planning your trip | Culture | Food | Geography | Safety | SA Facts | About Us
Stellenbossiana - Newsletter
Stellenbosch

History
- of Stellenbosch
- V.O.C Kruithuis
- Erfurthuis
- Die Braak
- Die Moederkerk
- Dorp Street

Stellenbosch Accommodation
- Book Stellenbosch Hotels

Historic Trails
- in Stellenbosch
- Trail Map
- Slave Trail

Places to visit
- Historical Heritage
- Other Attractions
- Entertainment
- Surrounding Area

Stellenbosch Wine Route
- Heart of the winelands

Stellenbosch Museum
- Stellenbossiana
- Gables of Stellenbosch

Sport & Recreation
- in Stellenbosch

Whats On
- Events

Eating out
- in Stellenbosch

Shopping
- in Stellenbosch

Gallery
- Stellenbosch

Maps
-Western Cape

Tourism & Information
- in Stellenbosch

Like us on Facebook

Follow Explore South Africa on Twitter

Stellenbossiana - Newsletter January 2005 Vol. 28 No.2

  • OUDE HOEK SE ERFENIS AFGESTOF!
  • IN MEMORIAM PETRUS LAMBERG
  • 80 JAAR VAN ELEKTRIESE STRAATBELIGTING
  • HERITAGE DAY AT THE STELLENBOSCH MUSEUM
  • STELLENBOSCH MUSEUM PARTICIPATES IN RALLY
  • " KAN VROUE KOESTER EN KOMPETEER?"- VROUEDAG
  • OUDE HOEK SE ERFENIS AFGESTOF!

    Gedurende die bouperiode 2003/4 het die historiese middedorp dik onder die stof gestaan soos ontwikkelaars die dorpskern vernuwe. Die sloping van die bekende Stellenbosch Furniture winkel het ook baie koppe laat draai. Inderwaarheid is dit wel deur Erfenis Wes-Kaap, die Munisipaliteit, die Erfeniskomitee en die bewaringskonsultante Pistorius en Harris goedgekeur.

    Maar wat is gedoen om die erfenis onder die grond te bewaar? Volgens die Erfeniswet (1999) word ontwikkelaars verplig om voor enige vernietigingswerk begin, 'n bewaringsproses te volg sodat tekens van gesloopte geboue en plaveisel, vote en vullisgate opgespoor kan word. Dit verg 'n lang en duur ondersoek waar dokumentasie 'n groot rol speel, veral wat betref grondplanne, foto's en breed­ voerige aantekeninge.

    Al hierdie maatreels het gegeld by die nuwe Oude Hoek ontwikkeling op die hoek van Kerk- en Andringastraat, waar die hemelhoe toringhyskrane hul lang , epters geswaai het. Vir 'n volle maand eet die dorpsargeoloog Hennie Vos op die perseel saam met 'n uitgrawingspan van 10-14 arbeiders gespook om die skimme van die verlede te laat herrys nit fondamente neergele in patrone van graniet en spoelklip.

    Wat van belang is gevind? Direk onder Stellenbosch Furniture se ou betonvloer is die vergete fondamente van 'n eertydse woonhuis uit ongeveer 1870 opgediep. Verbasend genoeg het dit bestaan nit twee simmetriese skakelhuise elk met 8 vertrekke insluitend kombuis en toilet. 'n Groot ovaalvormige waterput van spoelklip aan die agterkant was sekerlik die waterbron vir die wonings. Vondste van loodpype (>1860) vir drinkwater voorspel natuurlik groot mediese gevaar (soos ons vandag weet). Teen ongeveer 1900 is van die vertrekke aan Kerkstraat gesloop vir die inrig van 'n algemene handelsaak, en vandaar die groot glasruite in die ou winkelfrontrame op die grondverdieping, waarmee alle inwoners

    archaeological excavations with Church Street

    1. Overview of the archaeological excavations with Church Street behind the boarded shopfront. The numerous stone foundations represent earlier walls of the 19" century dwellings and the later Stellenbosch Furniture complex.

    vir jare bekend is. Hierdie einste winkelfront is grotendeels netjies herstel en her-ingerig op sy on staanplek.

    Juis op die tydstip toe die Anglo Boere­ oorlog woed, is die hele gebou onder dubbelverdieping geplaas, waartydens Oregon denneplafonne en -vloere meestal gebruik is. So ook die houtbalk bo-op die Kerkstraat front, wat bestaan uit twee gelaste stutbalke, elk ongeveer 10 meter lank. Die is later met 'n spesiale hyskraan verwyder onder aanskoue van 'n gefassineerde skare.

    Sedert 1783, toe die eerste erwe uitgegee is op die kerkhofblok (1687-1717), is enkele woonhuise opgerig, veral aan Pleinstraat, met agterplase wat gestrek het tot by Kerkstraat, en ringmure om die persele. In hierdie agtertuine is dan vrugteboorde aangele en groente geplant, wat tot geil en vrugbare swart gronde ontwikkel het, aangesien daar geen vullis verwyderingsdienste was me. Die slawe van die Pleinstraat woonhuise het kombuisafval in die verste hoekpunt gestort en so is dan 'n rommelhoek van groot omvang geskep op die kruising van Kerk- en Andringastraat. Derduisende bees- en skaapbene, gekap en gesaag, was gekompakteer met net soveel stukkende huisraad. Soos gewoonlik was heelwat wynbottels en drinkglase aanwesig, asook Engelse borde, kommetjies en bakke met verskeie patrone (of andersins wit en onversierd). Meeste gebruiksvoorwerpe dateer uit die eerste drie dekades van die 19de eeu en sal vir ons nuwe insigte bied op dieet en stylvoorkeure, iets waaroor min bekend is uit hierdie periode.

    Een van die belangrikste ontdekkings wat reeds langsaan op die Eikehoff-terrein gemaak is, was die sg. 1690 Kerksloot, wat die hele begraafplaasblok omgrens het. Aan Kerkstraat is dit twee meter onder die winkelvloere gevind, met 'n kanaalbreedte van ongeveer twee meter met die spoelklipgruise as bodem. Sy doel was tweeledig, nl. om die sugwater uit die begraafplaas te dreineer (wat die ontwikkelaars hoofbrekens besorg het!) en om alle there en ongediertes te verhoed om die grafte te skend of selfs lyke te kon opgrawe.

    Eastern view towards Church Street

    2. Eastern view towards Church Street of the channel (Kerksloot) which surrounded the first churchyard with its 18th century graves. Above these old gravels numerous broken articles of domestic refuse of the early colonists were excavated.

    Western entrance to The Avenue

    Western entrance to The Avenue

    Dorp Street with Mill Street, Stellenbosch

    Dorp Street with Mill Street

    Plein Street with Ryneveld Street

    Plein Street with Ryneveld Street, and Van Riebeeck Street in the distance.

    Ons Hollandse voorsate, wat met gragte en waterslote welbekend was in Europa, het gelukkig (vir argeoloe!) ook soos van ouds hul kombuis-gemors in die bree sloot gegooi. Met groot omsigtigheid en geduld bet die argeologiese werkspan duisende vroeg-1700 artefakte opge­ grawe. Voorbeelde sluit in pragtige Chinese blou-en-wit koppies en pierings, borde en kommetjies (vir rys), 'n hele aantal kasbottels en silindriese wynbottels (wyndrink was maar altyd 'n gewilde tydverdryf op on Stellenbosch), steenwerkkanne, erg geroeste yster- en metaalstukke, asook on baksteen en vloerteels. Dit kos maande se fyn was om alles skoon te kry vir die sortering en lasproses. Na hierdie reuse opgrawings sal die geskiedenis oor selektiewe gebruiksgoedere van ons dorp herskryf moet word.

    By al hierdie ontwikkelings is daar beplan om uitstallings van die perseel se geskiedenis en geselekteerde items te maak vir besigtiging deur die publiek. 'n Algemene navraag op al die vindplase was, "Hoe kon die plekke so diep opgevul raak?" Die antwoord is natuurlik dat die huisvrouens en hul helpers maar selde afgestof het! Met hierdie moeisame argeologiese opgrawings bet ons die sosiale verlede so 'n bietjie afgestof en blinkgewas om ons dorp te verryk met 'n kleurryke en diverse nalatenskap.

    H.N. VOS
    HISTORIESE ARGEOLOOG ARCAPE

    Corner of Ryneveld and Plein Streets, Stellenbosch

    A later streetlamp on the corner of Rvneveld and Plein Streets. Ziloeml2of in the background.

    IN MEMORIAM PETRUS LAMBERG
    24.12.1932 - 21-10-2004

    Petrus Lamberg of, soos alombekend, Oom Pietie is na 'n lang siekbed op 21 Oktober 2004 oorlede. Oom Pietie bet in 1975 by die Museum begin werk en gehelp met algemene onderhoudswerk. Menige gebou bet onder sy knap vakmanskap tot sy reg gekom, want by was inderdaad 'n meester met die verfkwas en troffel! Nooit bet mens hom hoor kla me en as jy hom op die terrein son soek was dit nie moeilik nie, volg maar net die vrolike gefluit van 'n deuntjie! In sy vrye tyd was by 'n musikant en 'n lid van die Betlehem Stars wat verskeie kere by museum-geleenthede opgetree bet. In 1996 bet Oom Pietie nit diens getree weens swak gesondheid, maar bet steeds kontak met die museum behou. Dit is met leedwese dat ons van sy heengaan verneem. Hy laat sy vrou en ses dogters agter

    80 JAAR VAN ELEKTRIESE STRAATBELIGTING

    Voor 1850 was die stof- en modder­ getrapte strate van Stellenbosch snags onheilspellend donker. Lanterns wat met die hand gedra is, koetslanterns en enkele lanterns wat aan bome vasgemaak was, het die paar strate van die - toe nog klein - dorpie verlig. Saans nege-uur was volgens tant Alie Heyneke "burgermanstyd" - dan bet die klok bo­ op en later voor die tronk in Dorpstraat gelui en moes almal van die strate af wees, of 'n baie goeie rede he waarom hulle nog "onderweg" was.

    Na 1850 bet die toestand egter begin verander met die koms van gaslampe. Lanterns aan home bet egter steeds die ingang na Die Laan belig. Ds. A.F. Louw vertel hoe hulle as studente aan die einde van die 19de eeu, Dorpstraat op "gehardloop" bet as hulle laat van 'n "Excursion" (uitstappie) na Papegaaiberg af teruggekeer het - moontlik baie bang vir "spoke!". Met die koms van gas kon die straatlampe egter langer brand en is die strate helderder verlig. 'n Man bet gewoonlik teen sonsonder met 'n brandende lantern van een straathoek na die ander gestap om die "straatlampe" met 'n lang "stok" aan te steek. Stellenbosch

    Plein Street from the Braak, Stellenbosch

    Looking up Plein Street from The Braak
    (All photos: Stellenbosch Museum Photo Archives).

    se inwoners bet hierna altyd gewonder hoeveel van hierdie lampe nog teen twaalfuur son brand, veral as die sterk Suidooster of Noordwes-wind gewaai bet.

    On foto's toon dat daar teen 1911 meer as net vier straatlampe in Stellenbosch was soos een skrywer beweer. Volgens foto's van sentraal-Stellenbosch nit die jare rondom 1900 was daar 'n straatlamp in Pleinstraat (ongeveer waar die huidige Perm-gebou nou staan), een voor die Polisiekantoor op die hoek van Plein- en Ryneveldstraat en een op die hoek met Andringastraat. Dan was daar ook straatlampe in Dorpstraat (ongeveer waar Andringa- en Meulstrate by Dorpstraat aangesluit bet) en een voor Saxenhof. Voorts bet Birdstraat ook 'n aantal straatlampe gehad. Kerkstraat se lampe was hoofsaaklik aan geboue en aan bome geheg en bet meer die voorkoms van "lanterns" gehad. Ryneveldstraat bet oor 'n aantal straatlampe tussen Plein- en Dorpstraat beskik.

    Alhoewel openbare geboue reeds sedert 1913 elektries verlig is en privaatwonings tussen 1914 en 1918 elektrisiteit gekry bet, is Stellenbosch se strate na alle waarskynlikheid eers vanaf 1924 deur middel van elektriese straatlampe verlig. Die kragstasie was op die tydstip aan die noordekant van Merrimanlaan gelee (waar Het Begijnhof vandag is). Indien u meer inligting bet, of nog self interessante staaltjies nit u kinderjare kan onthou, is u welkom om met ons navorser, Leon Vorster, by telefoon 021- 5051529 of faks 021 - 5348786 in verbinding te tree.

    LEON VORSTER

    Stellenbosch Museums Team!

    Erfenisdag-deelnemers Marius Titus, Gus Ferguson, Alex Omega, Johan Kotze (organiseerder en musikant), Ella Odendaal (Museumbestuurder) en Jeanne Goosen.

    HERITAGE DAY AT THE STELLENBOSCH MUSEUM

    The intangible heritage of South Africa was celebrated in a programme filled with music, poems, stories and verse on 23rd September at Erfurthuis.

    Well-known author and poet Jeanne Goosen gave a tongue-in-cheek version of what she thought about the idea of heritage, much to the amusement of an appreciative audience. The talented younger poet Alex Omega, also known for his challenging off-beat songs, gave us some valuable insights into the mind of his generation when it comes to heritage! He entertained the guests with a number of clever "green" songs. Gus Ferguson, known to many as a pharmacist, is renowned for his haiku's. We were very honoured by his special commemorative haiku for Heritage Day 2004. Phumlani Sibula, a lecturer from the US language department, showed us that the most beautiful love poems can be written in Xhosa. Marius Titus took us on a verbal exploration through his heritage and hometown, Stellenbosch. Protea Boekhuis provided an extra service for the bibliophiles in the crowd with books available for sale, including poetry, Africana and works of prose.

    24th September was a day of entertainment for senior citizens at the Village Museum . A Victorian high tea was laid on in the O.M. Berghuis after they had been given a guided tour of the museum complex, ensuring that Heritage Day 2004 would not be forgotten!

    STELLENBOSCH MUSEUM PARTICIPATES IN RALLY

    On Friday 21 January 2005 the Stellenbosch Museum joined the community in their support against child abuse and violence on the Braak. The placard demonstration was initiated by the Ida's Valley Community Improvement Organization (IVCIA) and the Stellenbosch Council for Church Co­ operation. The purpose was to enhance public awareness of, and concern for, the safety of children against violence and abuse.

    Church bells rung from 11:45 till 12:00 with the aim of encouraging public participation. A huge crowd, consisting of pupils, teachers and members of other organizations that had pledged their support, joined in this mass gathering on the Braak. The audience was addressed by Executive Mayor Alderman Willie Ortell, Dr Michael le Cordeur (WCED), Imaan Fuad Samaai, the Rev. Simon Adams, Mrs Susan Burger (Director: Child Welfare), Supt. Debbie Pheiffer, and Insp. Natalie Martin.

    Pupils handed the Mayor declarations from their schools that condemned child abuse, called on the relevant authorities to promote the safety and security of children, and urged stronger protective measures against perpetrators. The mayor was requested to deliver the declarations to Mr Ebrahim Rasool, Premier of the Western Cape , and Mr Mzwandile Petros, Provincial Commissioner SAPS: Western Cape .

    " KAN VROUE KOESTER EN KOMPETEER?"- VROUEDAG
    9 AUGUSTUS 2004

    Aangesien Vrouedag na 1994 as nasionale vakansiedag verklaar is, het die Stellenbosch Museum , in samewerking met die Departement van Kultuursake en Sport, onderneem om alle openbare vakasiedae op gepaste wyse te herdenk. Vrouedag word dan juis gevier om die bydraes wat vroue tot die bevryding van Suid-Afrika gemaak het, te vier. Dit kan op enige moontlike wyse geskied - met musiekkonserte, optogte, kunsuitstal­ lings, en so meer. Dit is 'n dag waarop vroue se lewens, die bydraes wat hulle lewer en die leemtes wat nog bestaan onder die soeklig kom.

    Vrouedag 2004 is gevier deur middel van 'n paneelbespreking georganiseer deur die Kaapse Kruiskerk en Stellenbosch Museum met die tema " Kan vroue koeste-~­ en kompeteer?" Ds. Terreblanche Jordaan het as fasiliteerder by die debat opgetree en die paneel het bestaan uit: prof. Christina Landman (teoloog by Unisa), dr. Japie Coetzee (oud­ skoolhoof), me. Annelie Ferreira (skrywer), dr. Pieta van Beek (dosent aan US ), prof. Ernst Conradie (teoloog by UWK) en prof. Amanda Gouws (US).

    Hoewel die sprekers, asook lede uit die gehoor, geen twyfel het oor vroue se vermoens me, het die frustrasie wat vroue het met hul situasie, hetsy by die huis of op kantoor, sterk na vore gekom. Gouws bet vroue se frustrasie moontlik die beste aangespreek deur te se dat dit dapperheid verg om 'n situasie te verander en dat dit slegs kan gebeur deur te mobiliseer en aan te hou baklei vir geslagsgelykheid.

    This newsletter is compiled and distributed by the Stellenbosch Museum ,
    37 Ryneveld Street
    Stellenbosch
    Tel (021) 88729 37

    All Rights Reserved © Stellenbosch Museum

    All Rights Reserved © 2005 - 2010 | Sitemap | Explore South Africa Privacy